Verwoerd se kleinseun: ‘Ek soek deurpaaie, nie uitkomkanse’

TUIS IN SY TAAL

Verwoerd se kleinseun: ‘Ek soek deurpaaie, nie uitkomkanse’

Wilhelm Verwoerd se stryd met sy oupa is ook ’n stryd met ’n deel van hom wat in homself is, vertel hy aan AZILLE COETZEE. Sy boek, Bloedbande: 'n Donker tuiskoms, was 'n pynvolle poging om Hendrik Verwoerd te probeer verstaan en te vermenslik.

EK sê vir ’n vriendin dat ek hierdie week ’n onderhoud gaan voer met Wilhelm Verwoerd, kleinseun van die gehate apartheidleier Hendrik Verwoerd. “Shame,” sê sy, “dit moet moeilik wees om hý te wees.” Om met daardie van deur die lewe te gaan, in hiérdie land.

“Word mense baie kwaad as hulle hoor wie jy is?” vra ek hom. Hy sit ontspanne op ’n kantoorstoel, sy een been onder hom ingevou, in los jeans en ’n fleece top. Ek soek na tekens van Hendrik Verwoerd in sy gesig. Vir ’n oomblik sien ek iets in die lyne langs sy mond, maar dan verloor ek dit weer.  

“Ja, jy kan die woede aanvoel, veral by jonger mense, hoe intens dit is, daar is amper iets tasbaars daaraan,” sê hy...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.