Steek vir steek teen die patriargie

SO WAAR AS WOL

Steek vir steek teen die patriargie

HENK SERFONTEIN se Amsterdam-avontuur lei hom na ’n verlore versbundel, ’n wolwinkel wat ’n breirevolusie ontketen het, en die aktivisme van brei en borduur.

OP my eerste slimfoon wat ek verloor het, was die screensaver vir bykans twee jaar 'n sepiafoto van twee mans wat brei. Vasgeheg aan die gekruiste breipenne was 'n babarokkie en 'n dun draadjie wol.

Die een man het soos my pa gelyk. Hoë voorkop met twee wye slape, oop soos die Hoofdorpplein in Amsterdam. Dis egter waar die ooreenkoms geëindig het.

My pa se vele identiteite het ingesluit: rugbyskeidsregter, boksafrigter, brigadier en lekeprediker wat in 'n motorhuis die huiswerkers in die buurt van die kruisiging en opstanding van Jesus vertel het. Ek het hom as emosioneel afwesig ervaar, 'n slagoffer van sy eie manlikheid. Wat ek van hom onthou, is hoe hy soms sy rook deur my gesig geblaas het voordat hy verder aan sy blokkiesraaisel gewerk het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.