Belydenis van ’n feesflerrie

VANG FEES

Belydenis van ’n feesflerrie

Die Festival d'Avignon is pas verby en die Edinburgh Festival het pas begin. Wat máák 'n onderdrukte feesflerrie met soveel onweerstaanbare kunstefeeste, vra MARITA VAN DER VYVER.

LAAT ek nou maar bieg. Ek begin voel asof ek gechannel word deur daardie unieke Afrikaanse verskynsel wat ons ’n feesflerrie noem.

Ons ken haar almal, so 'n gawe gekultiveerde tannie met kinders wat klaar uit die huis is (mea culpa, mea culpa), wat van die een Afrikaanse kunstefees na die ander fladder. Gewoonlik is sy 'n swermdier eerder as 'n enkeling; sy verkies om haar feeste saam met vriendinne of dogters aan te pak, en as daar nou rêrig nie ander raad is nie, sal sy selfs haar onwillige eggenoot saamsleep.

Dis darem nie heeltemal ekke nie. Ek het nie veel vriendinne wat my na Franse feeste kan vergesel nie, en my man is beslis nie onwillig nie. (Inteendeel, hy verkies 'n kunstefees bo enige sportwedstryd, raar maar waar.)..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.