Skoonheidsevolusie: Bring Lira en die koms van die...

REËNBOOGPOPPE

Skoonheidsevolusie: Bring Lira en die koms van die Afrika-Barbie vooruitgang?

Dis al etlike dekades lank dat miljuisende meisietjies Barbie-poppe – die verpersoonliking van onmoontlike perfeksie – begeer. Die oer-Barbie is blond en lelieblank met simmetriese gelaatstrekke en volronde borste. Maar nou is daar ook ʼn Afrika-Barbie – en sy lyk soos die Suid-Afrikaanse sangeres Lira. Is dit die begin van die Barbie-“evolusie”? Durf ons dink (hoop) dat dit die samelewing se idees oor skoonheid sal verander? MARGUERITE VAN WYK het gaan uitvind.

DIE naam Barbie laat jou onmiddellik aan ʼn lang, blonde haredos, ʼn supersexy middellyfie en groot borste dink. En jy kan skaars glo die prototipe van dié gewilde pop vier vanjaar al haar 60ste verjaarsdag.

Daardie oorspronklike Barbie – Barbara Millicent Roberts – is op 9 Maart 1959 op die Amerikaanse Internasionale speelgoedskou in New York bekendgestel deur een van haar medeskeppers, Ruth Handler. Dié oer-Barbie is deur ’n Duitse strokiesprent van ’n blonde fortuinsoeker, Lilli, geïnspireer wat met mans seks gehad het in ruil vir allerlei luukshede soos sykouse en sigarette.

Maar die idee agter Barbie was blykbaar eintlik om vroue te bemagtig om enigiets te word wat hulle wil wees. (Sy het terloops die afgelope ses dekades al 200 loopbane beoefen, van ’n chirurg tot ʼn model, van ʼn lugmagvlieënier of ballerina tot ʼn renjaer ...)..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.