Rottegif in die bakpoeier, loervink agter die kantgordyn

PIKSWART

Rottegif in die bakpoeier, loervink agter die kantgordyn

’n Versteurde huisvrou, gewoonlik onder die prop, sien of hoor iets afskuweliks. Sy is egter ’n onbetroubare verteller. Die leser is oorgelewer aan die kronkels van haar geknakte psige, skryf DEBORAH STEINMAIR.

NOIR is ’n woord wat rol op die tong, sag maar kompromisloos soos 90% donker sjokolade. Dit het dimensie en dit gee niks weg nie. Swart het houding en dit hou moontlikhede in – dis vol misterie, tergend soos ’n vorteks. Soms kan dit skaars donker genoeg wees.

Weet jy wat is Vantablack? Dis ’n materiaal wat van koolstofnanobuise gemaak is, seker die donkerste kunsmatige stof op aarde, dit absorbeer 99,96 % van alle lig – dit weerkaats niks en verloor daardeur detail. Dit is handig vir voertuie wat onsigbaar moet wees, soos vegvliegtuie en tenks.

Soos Totius se tortel verkies sommige van ons om ons water troebel te drink. Inspirerende liefdesverhale vol lig en hoop deprimeer ons. Gruwels inspireer ons. Maar party van ons, soos ek en die Belgiese skrywer Peter Aspe, het nie stamina vir geweld nie – hy het eenkeer in ’n onderhoud vir my gesê hy kan nie moordtonele skryf nie, al wat hy gewoonlik sê, is: “Liesbeth het in ’n plas bloed gelê.”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.