Laer-Claremont: Die buurt wat se hart deur ‘die Groep’ uitgeruk is

BOEKUITTREKSEL

Laer-Claremont: Die buurt wat se hart deur ‘die Groep’ uitgeruk is

Die families wat in die vroeë 1970’s uit hul huise in Harfield Village in Kaapstad se suidelike voorstede gedwing is, ken van woede, seerkry, verlies, verwerping … In Impossible Return: Cape Town's forced removals vertel SIONA O’CONNELL hul verhale. Hier is ’n uittreksel en foto’s uit dié boek.

  • 18 Oktober 2019
  • Mense & Kultuur
  • 14 min om te lees
  • artikel 18 van 31
  • Siona O'Connell

IN November 1969 het die swaard van die Groepsgebiedewet wat vir omtrent twee dekades oor Laer-Claremont gehang het, geval. 

“Met een burokraat se pen is byna 19,000 inwoners verdoem tot gedwonge verskuiwing uit 'n gebied waar hulle vir generasies gebly het." (Swanson, 2001, bl. 111)

Soos soveel ander families in ander gebiede waar dié wet toegepas is, het die gemeenskap van Laer-Claremont nie betoog nie. Dit was nie die risiko werd nie, want hulle was al te bewus dat hulle te staan gekom het teen 'n regering wat nie bang was om sy opponente te verban, op te sluit, te vermoor of te martel nie. Die meerderheid inwoners het nie die middele gehad om van voor af te begin in 'n gekose nuwe buurt waar hul ras kon woon nie. Baie van hulle was huurders en van baie huishoudings was 'n geskeide vrou die hoof...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.