Siya en Cheslin: Dís wat hul handtekening op tokse vir 'n kind ...

ROLMODEL

Siya en Cheslin: Dís wat hul handtekening op tokse vir 'n kind beteken

Die beelde van die hartroerende verwondering van 'n jong skoolseun vir sy Springbok-rugbyhelde, eers aan hul voete en nou skouer aan skouer, het Suid-Afrikaners se verbeelding aangegryp. LIRYN DE JAGER kyk deur die oë van Lebo Mogoma na wat die Wêreldbeker-oorwinning en 'n ontmoeting met sy helde vir hom beteken.

DIE laaste jaar of twee was bitter sleg vir Lebo Mogoma. Reg aan die begin van sy eerste jaar op hoërskool is sy held - sy pa - dood ná 'n stryd teen kanker. Lebo was skaars 13.

“Ek sou so graag die hele journey saam met my pa wou geloop het, deur my hele hoërskoolloopbaan en vir hom om te sien wat ek nog gaan bereik in die toekoms," sê hy sag.

Lebo het sedertdien gesukkel om te fokus, erken hy. Maar toe kom maak die Springbokke se oorwinningsparade twee weke gelede 'n draai by Helpmekaar Kollege in Johannesburg - en kaptein Siya Kolisi, die vleuel Cheslin Kolbe en dáárdie twee wit rugbytokse gee Lebo weer hoop...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.