Sluier gelig oor intriges in die oorgang van Zuma na Ramaphosa

BOEK-UITTREKSEL

Sluier gelig oor intriges in die oorgang van Zuma na Ramaphosa

ADRI KOTZÉ praat met die Sunday Times se bekroonde politieke joernalis Qaanitah Hunter, skrywer van die nuwe boek Balance of Power: Behind Ramaphosa’s campaign for the presidency. Dié boek neem ons op Ramaphosa se pad na die leierskap van die ANC, en die politieke balanseertoertjie wat hy moet handhaaf as president. In 'n uittreksel uit die boek beskryf Hunter die tydperk wat Jacob Zuma se verwydering voorafgegaan het.

Wat het jou laat besluit om hierdie boek te skryf? Was daar 'n spesifieke oomblik toe jy besluit het: “Ja, hierdie is veel groter as 'n Sondagkoerantstorie"?

'n Joernalis het baie inligting, konteks en agtergrond wat ons dikwels nie in stories kan insluit nie. Terwyl ek berig het oor Zuma se ondergang en Ramaphosa se opgang na die presidentskap, het ek geleenthede gehad om met mense te praat wat reg in die middel van dit alles was. Ek het gevoel dat om 'n boek te skryf my 'n kans sou gee om die legkaartstukke aanmekaar te sit van 'n era in die Suid-Afrikaanse politiek wat  'n geskiedkundige oomblik vir die land geword het.

Hierdie is nie 'n biografie van Cyril Ramaphosa nie. Kan jy beskryf waaroor dit gaan?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.