’n Dekade se foefies, fêshuns, geite en grille

TENDENSE

’n Dekade se foefies, fêshuns, geite en grille

Uber, Instagram, avokado, hipsters, zoodles, blomkoolrys, Gwynnie Paltrow se stoompie vir 'n snoef en nog baie meer - ADRI KOTZÉ, 'n Generasie X-er, kyk verwilderd na die afgelope dekade se neigings, giere en nuutjies, en hoe hierdie dinge ons lewe en ons wêreld (soms radikaal) verander het.

Avokado

Waar: In al wat vooraanstaande koffiewinkel en restaurant is. Ook in twyfelagtige hole, want dis oral. Hoe? Die simbool van millenniërs (veral avokadoroosterbrood). Van fyngedruk tot repies gesny tot gekerf in die vorm van 'n avo-roos tot avo-kuns. Dan was daar avolatte – koffie in avokadoskil – en 'n vlaag avo-huweliksaansoeke. (’n Verloofring weggesteek in 'n oopgesnyde avokado, soms al bruin.  Resep vir trane by voornemende bruid.) Alles aangevuur deur avo-manie op Instagram. Gevolge van avo-manie: Avo-hand, oftewel die bloederige toestand wanneer die mes gly as die donnerse. glibberige. pit nie wil uit nie. 

Angry Birds..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.