Korrupsie in Angola: Strop begin stywer trek om Dos...
STINKRYK
Korrupsie in Angola: Strop begin stywer trek om Dos Santos-kroos se nekke
In die 38 jaar wat pres. Eduardo dos Santos aan die bewind was, het sy familie ongekende rykdom bymekaargemaak. Nou wil al hoe meer gewone Angolese weet: Waar is al die geld heen? Deur ADRI KOTZÉ.
KENSINGTON in wes-Londen is een van die duurste buurte in die hele Europa. Hier is die huise van sommige van die planeet se rykste, glansrykste en mees private mense. Tamara Ecclestone, dogter van die gewese F1-baas Bernie, en die plutokrate Roman Abramovich, Leonard Blavatnik en Lakshmi Mittal tel onder die inwoners. (Neffens hulle woon koningin Elizabeth asook William en Katherine, die hertog en hertogin van Cambridge, in Kensingtonpaleis.)
Dit is hier, 'n katspoeg verder in 'n beveiligde en eksklusiewe enklawe –selfs gemeet aan Kensington se standaarde – waar die dogter van Angola se vorige president 'n huis het. Isabel dos Santos wou 'n ruk terug dié huis van £13 miljoen – dit is sowat R240 miljoen – egter laat platslaan en 'n nuwe, beter een bou.
Dos Santos (46), dogter van oudpres. José Eduardo dos Santos en nou die prominentste lid van die eens onaantasbare dos Santos-familie, is Afrika se rykste vrou en het volgens Forbes (https://www.forbes.com/africa-billionaires/list/#tab:overall) bates van $2,3 biljoen – sowat R31 biljoen. Sy is saam met Koos Bekker en Patrice Motsepe 8ste op die Forbes-lys in Afrika, maar is die jongste van die tien rykstes op die vasteland. ..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Adri Kotzé
JoernalisAdri Kotzé is 'n vryskutjoernalis in Londen. Sy was tot Julie 2021 adjunkredakteur van Vrye Weekblad en het al onder meer vir die Bhekisisa Centre for Health Journalism, Carte Blanche, Rapport, Special Assignment en Beeld gewerk.