Varknasie: Wat is fout met ons?

ROMMEL, ROMMEL, ORAL WAAR JY KYK

Varknasie: Wat is fout met ons?

Hoekom is ons land 'n groot vullishoop? Het ons geen selfrespek nie? Gee ons net nie om nie? Of is daar 'n dieper verduideliking vir dié verskynsel van rommelstrooiing, vra ANNELIESE BURGESS.

DIT lê soos walle langs paaie en in slote. Dit word gegooi oor drade en heinings en lê in hope langs die ingang tot sommige woonbuurtes. As daar 'n “Geen Storting”-bord iewers opgesit word, kan jy maar seker wees mense sal presies die teenoorgestelde daar doen.

In 'n lieflike bloekombos langs die pad na my huis in Oos-Londen lê berge swart sakke waaruit vuil babadoeke en Kentucky-houers en ander stinkende gemors peul. Daar is bourommel, binnebande en tuinvullis. Nou die dag het ek selfs 'n dooie hond gesien. Die GEEN STORTING-bord met die flou waarskuwings van “ernstige” boetes rys soos 'n pap paddastoel uit die gemors. Dit kon net sowel nie daar gewees het nie. Niemand steur hulle daaraan nie. 

Daar was nie 'n enkele piekniekplek op die sowat 1,000km wat ons die afgelope Desember tussen Kaapstad en die Noordoos-Kaap gery het wat wat nie vervuil was van die vieslikheid nie: leë drankbottels, bollings vuil toiletpapier, menslike ontlasting (sommer daar langs die sementtafeltjies), hoenderbene, wegneemkoshouers en plastiekbottels...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.