Dit was druk, dit was dol, en dis lekker terug by die werk

FESTEN

Dit was druk, dit was dol, en dis lekker terug by die werk

Ons het nog ’n groot skep geblikte joligheid met die nodige geesdrif verteer, en nou is dit heerlik om terug te wees by die werk, skryf DEBORAH STEINMAIR uit die lieflike stilte op kantoor.

DESEMBERS laat my altyd dink aan Festen, ’n Deense film van die regisseur Thomas Vinterberg. Die gelyknamige toneelstuk is deur Hennie van Greunen in Afrikaans vertaal en hier opgevoer met ’n sterbelaaide rolverdeling wat Stian Bam, Nina Swart, Neil Sandilands en Deon Lotz ingesluit het. “Festen” beteken natuurlik feeste, of eerder feesvieringe, partytjies. In hierdie stuk word die patriarg se 60ste verjaardag gevier en sy seun, wie se tweelingsuster kort tevore deur selfdood gesterf het, moet ’n toespraak tot sy eer lewer.

“But first, a speech. I've written two, father. One is green, the other is yellow. You choose.” “I'll take the green.” “The green is an interesting choice. It's a kind of ‘home truth speech’. I call it ‘When dad had his bath’.”

En net daar ontspoor die trein, geraamtes val ratelend uit die kas, die sak rol om en vrot patats spat oor die verhoog. Dis ’n tipiese familiefees...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.