Die dag as die aarde onder ons begin skud en rammel

BEWERASIE ONDER DIE NASIE

Die dag as die aarde onder ons begin skud en rammel

Terwyl die nuus wemel van berigte oor droogtes, veldbrande en vloede, is daar nog ’n soort natuurramp om ons oor te bekommer – aardbewings. Weet ons genoeg van dié verskynsel, en is ons voorbereid? JORISNA BONTHUYS doen verslag.

DIE vraag is nie óf nie, maar wáár en wannéér die volgende groot aardbewing Suider-Afrika gaan tref, meen kenners.

Ten einde risikogebiede te kan identifiseer, benodig navorsers aanvangsdata wat as basislyn vir latere ontledings kan dien. Daarom benut Michelle Grobbelaar, ’n spesialis-wetenskaplike van die Raad vir Geowetenskap, en haar span onder meer datamyn-tegnologie en masjienleertegnieke in hul bestudering van Klerksdorp en omstreke in Noordwes.

Hulle wil sodoende meer data insamel oor seismologiese risiko’s in onder meer die dele van die land wat ondergronds deur mynbouaktwiteite uitgehol word. Dit sluit in die moontlike verband tussen onlangse skuddings soos die Orkney-skudding van 2014 en die Klerksdorp-skudding van 2005...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.