Johannesburgse dieretuin: val dit regtig uitmekaar?

BEWARING OF WREED?

Johannesburgse dieretuin: val dit regtig uitmekaar?

Die Johannesburgse dieretuin is weer in diere-aktiviste se visier danksy 'n reeks onlangse foto’s op sosiale media. Die plasing deur 'n besoeker skets 'n prentjie van 'n plek wat uitmekaar val, met vuil toilette en daggarokende personeel. YOLANDI GROENEWALD stel ondersoek in.

DIS skaars 11:00 in die oggend en Makoko die gorilla is klaar omgekrap. Of so lyk dit. Hy tuur fronsend na 'n handjievol kinders wat in absolute verwondering staar na die Johannesburgse dieretuin se gesogte enkellopende mannetjie. (Hy hou van Duitse musiek en lang wandelings saam met poue, maar is skaam voor vroue.)

Dan snuif Makoko tog en loop nonchalant op sy kneukels na 'n koeltekol waar hy soos 'n strandbesoeker pens en pootjies neerval. Die kinders is steeds in vervoering. Een kleutertjie, Thabiso, weier volstrek om te beweeg.

Die 34-jarige Makoko bly alleen sedert sy ouer maat, Lisa, in 2005 oorlede is, en die dieretuin kon nog nie weer vir hom 'n maat opspoor nie. Vir nou is sy metgeselle 'n duiker en 'n pou, en natuurlik die hope besoekers wat na dié imposante westelikelaagland-gorilla staar. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.