Pienk is nie net ’n kleur nie

TOEVLUGSOORDE

Pienk is nie net ’n kleur nie

Daar is oases van queerheid hier en daar waar die ekstra gewig en angs van queerbestaan verdwyn, skryf BEYERS DE VOS, en sê dankie vir plekke vol veiligheid en vreugde.

2001, ’n laerskool in Pretoria. Vir die eerste keer mag ons gewone klere skool toe dra; dis ’n big deal. Maar as twaalfjarige was ek glad nie so modebewus as wat ek deesdae is nie, so ek rock ’n rooi sweetpak. So ’n verwelkte rooi, amper soos ’n Wimpy-tamatiesousbottel. Of so het ek gedink anyway, want voor ek dit weet, skree ’n kwaadaardige stem oor die speelvelde: ‘Gross, dra jy pienk?’

Hulle staar. Hulle lag. My hart klop vinniger. Ek begin sweet. Ek weet nie wat om te doen nie.

Dis die eerste keer in my lewe wat ek die woord “moffie” sal hoor. Die eerste keer dat ek verstaan: Wat jy dra, sê vir ander mense iets oor wie jy is. Dit het betekenis. Seuns is nie veronderstel om pienk te dra nie. Pienk is nie net ’n kleur nie, dis ’n simbool...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.