Credo Mutwa: ’n Vreemdeling in ’n vreemde land

ISANUSI

Credo Mutwa: ’n Vreemdeling in ’n vreemde land

As daar ooit ’n profeet was wat nie in sy eie land of selfs deur sy eie mense geëer is nie, dan was dit Credo Mutwa, wat byna 'n eeu gelede sy eerste asem gehaal en vandeesweek sy laaste asem uitgeblaas het, skryf JAN HORN.

VUSAMAZULU Credo Mutwa is op Woensdag 25 Maart 2020 op die rype ouderdom van 98 oorlede. En nou besef ons werklik watter geweldige bydrae hy gemaak het om ons aan te spoor om mekaar se kulture beter te verstaan, te respekteer en daardeur verryk te word.

Ek het hom in 1977 ontmoet en deur die jare het ons paaie keer op keer gekruis, hoofsaaklik danksy ons gedeelde liefde vir en belangstelling in die geskiedenis van Afrika en Suid-Afrika.

Credo was in 1921 ’n buite-egtelike kind, ’n groot skande in die tradisionele Zoeloegemeenskap van sy tyd. Sy pa was ’n Christen in die Katolieke sendinggemeenskap en sy ma ’n jong Zoeloemeisie. Haar pa, Credo se oupa, was egter ’n geswore tradisionele Zoeloe wat geen ooghare vir die sendelinge en hul Bybelboodskappe gehad het nie. Dit het tot gevolg gehad dat sy pa en sy ma geskei is toe sy swanger was met Credo. Die “skandvlek” het vir die res van sy lewe aan hom gekleef...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.