In elke vertrek het ek boeke en brille

EK HET BAIE BYBELS, OUMA

In elke vertrek het ek boeke en brille

Die ruit tussen haar en die wêreld het algaande begin oopskuif, skryf DEBORAH STEINMAIR. Maar nou druk haar neus weer teen die glas. Soos toe sy klein en eensaam was, gryp sy na boeke.

MY ouma was ’n chilias – iemand wat glo in ’n duisendjarige vrederyk op aarde ná ’n groot verdrukking. Maar eers gebeur die wegraping van die regverdiges. Ek was ’n ouderwetse kind en haar skaduwee, ’n dissipel wat haar uitleg van die fantasmagoriese Openbaring en Esegiël ingedrink het, Spreuke en Prediker in die mou gevoer het.

Die einde van dae hét toe aangebreek, dit waarop sy, wat soos vars rosyntjiebrood geruik het met haar moesiewang en Hallelujas, my voorberei het. Maar ek het ophou glo aan die eindtye toe sy soos ’n dief in die nag vort is, lank vóór die groot verdrukking, toe sy nie vertoef het tot die wegraping soos haar Heer haar glo belo’ het sy sou nie.

Ek onthou haar teksverse, maar alles is nou op sy kop. Sy het my laat glo daar sou nie tyd wees om groot te word en kinders te kry nie, maar daar was. Kyk, ek is ’n late bloomer, maar my lewe het mooi begin bymekaarkom, tot nou. Nou het die president gesê ons moet tuisbly en alles hang in die lug soos in ’n apokaliptiese roman...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.