Tjips! Hier kom die taalpolisie

DIE SEXY IN DISLEKSIE

Tjips! Hier kom die taalpolisie

Onder die wagters op die taalmure is mnr. Hiemstra se spook steeds die septerswaaier – die taalgeneraal van hokaai roep, standaardiseer, hokslaan, suiwer en steriel maak. DEBORAH STEINMAIR skaar haar by diegene wat vernuwing en ongetemde waagmoed omarm.

LESERS loop rond met prentjies in hul kop van mense wat hulle nog nooit ontmoet het nie. So spook wyle L.W. Hiemstra helder oordag by my. Soms argumenteer ek met die oubaas, kompleet met handgebare en heftige kopskud, soos ’n verslonste vrou met ’n hoë blos wat ’n winkeltrollie vol leë plastieksakke rondstoot.

Kunstenaars gebruik media. ’n Medium is ’n materiaal of middel waardeur mense hulle uitdruk. Beeldhouers gebruik byvoorbeeld klei, hout, klip, gips, metaal, skroot. Skilders gebruik verf en soms foefies soos kos of hul maandstondebloed.

Skrywers gebruik taal. Dis ’n palet so wyd soos die Heer se genade. Én koud is die windjie en skraal, want dis ’n vlakte vol heinings en doringdraad...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.