Rou poetry oor die langsame geweld van armoede

DIS GRAPES OF WRATH DUSKANT HELSHOOGTE

Rou poetry oor die langsame geweld van armoede

Lou-Marié Kruger se boek oor die lewe van vroue in die Dwarsriviervallei, Of Motherhood and Melancholia, gaan jou hart breek, skryf DEBORAH STEINMAIR.

ADAM SMALL het gevra of die poet rerâg die ou is moerie pen en ink wat in sy study sit en poems dink. Wanneer nie-fiksie fassinerender as stories is, wanneer gevallestudies 'n polsslag het en akademici se woorde elegant soos digkuns is – dan beaam ek: “Ma djúlle is die poets.”

Lou-Marié Kruger, dosent en kliniese sielkundige van Stellenbosch, het 'n boek geskryf oor die lewe van vroue in die Dwarsriviervallei. Of Motherhood and Melancholia gaan jou hart breek. Dis Grapes of Wrath duskant Helshoogte.

Kruger noem haarself 'n psigo-etnograaf. Sy teken op. Sy is pens en pootjies teenwoordig in haar teks. Tussen die reëls lees ons haar ontredderde oë en lankmoedige oor: die wit middelklas-vrou wat die moedeloses en gebrokenes aan die praat kry, wat steak en aspersies eet en goeie wyn drink, wat in ontwerperjeans en duur skoene die stowwerige agterplase van uiterste armoede trotseer...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.