Song vir kwarantyn: meer boeke as blikkieskos

EINDE VAN DAE

Song vir kwarantyn: meer boeke as blikkieskos

Die letterkunde het al dikwels hier vertoef, skryf DEBORAH STEINMAIR uit self-isolasie, en stel ’n Afrikaanse kwarantynleeslys saam.

VREEMDE tye. Die onheil het nie naamloos gebly nie. In ’n nagmerrie ry jy verby jou halte. In ’n vreemde landskap klim jy uit die bus. Wanneer het dit herfs geword? Jy’s te dun aangetrek. Jou skoene druk en ’n bloedblaas bars op jou hakskeen. Jou neus wil loop en jy het nie tissues nie. Dis al sterk skemer, maar die straatligte gaan nie aan nie. Jou voetstappe dawer oor gekraakte sement. Jy is dors en jy’t sooibrand.

Daar is niemand op straat nie. Waar is almal? Dan die geklik van harde naels: ’n Maer brak met donker traanstrepe soos ’n jagluiperd draf mank in jou spoor. Skielik begin jou maandstonde, twee weke te vroeg. Jy kyk af en sien jy is naak van die naeltjie ondertoe. ’n Ysige wind loei om die hoeke van geboue. ’n Neonteken kry lewe en knipoog flouerig: AVBOB.

Die dae voel leeggeleef en dun om die rand. Onwerklik. “Ons is in ’n oorlog,” sê die Franse president. Dis die oudstes en die armstes wat weerloos is en dié met onderliggende kondisies...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.