Kom ons sing! Só doof ons Covid-19 se disharmonie uit

ALLES AANLYN

Kom ons sing! Só doof ons Covid-19 se disharmonie uit

Musiek is vertroostend in tye van nood – vir dié wat dit beoefen en dié wat daarna luister. Virtuele kore en orkeste vorm die nuwe verhoog in 'n tyd wat konsertsale moet leeg staan en musikante nie durf saam oefen nie. MARGUERITE VAN WYK ondersoek en beproef self dié nuwe fenomeen.

DIE sangers flits in blokkies, soos legkaartstukke, op die skerm:  ’n voortdurend veranderende collage. Almal in verskillende uitrustings, teen verskillende agtergronde. Die solis, met 'n bril op en lang, donker hare agter haar kop vasgemaak, sing haar hart uit voor 'n pers klavier: “We are not alone."

Dit is 'n whatsapp van die ander kant van die wêreld van 'n vriendin, Ansa du Toit Fourie. Sy is dirigent van aChoired Voices in Sydney, Australië, en dit is haar koor se virtuele weergawe van die komponis en dirigent Pepper Choplin se “We Are Not Alone".

Die opname is een van tientalle – dalk honderde – van oor die wêreld heen van kore en orkeste wat die disharmonie van Covid-19 demp. Stemme van jonk en oud, tradisionele orkesinstrumente of geïmproviseerde “instrumente" met enigiets van potte en panne tot rys in soutpotte – musiek word daar musiek gemaak. In afsondering en aanlyn. Dis die nuwe verhoog in 'n tyd wat konsertsale moet leeg staan en musikante nie mag, of durf, saam oefen nie. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.