Kom ons verlos ‘mal wees’ van sy etikette

SIELKUNDE EN LITERATUUR

Kom ons verlos ‘mal wees’ van sy etikette

Die Kaapse psigiater dr. Sean Baumann glo Moeder Aarde se huidige stuiptrekkings is weens verstikking aan opgeblase waan en duiselingwekkende vooruitgang, skryf SONNETTE LOMBAARD. En volgens hom is hoop die laaste linie voor handdoek ingooi. Sy nuwe boek, Madness: Stories of Uncertainty and Hope, werp lig op die siel se donker strepe en swart gange.

Madness: Stories of Uncertainty and Hope

JY is mal. Jy is siek, jy is uitsonderlik, jy is baie dapper of dom. Ek is woedend. Ek is kwaad. Ek is intens ontroer. Ek is verby die grense van my uithouvermoë gestoot. Dis mal. Dis wonderlik. Dis ekstreem. Dis uiters onbesonne. Mal is sleg. Dis ’n mal opsie.

In Afrikaanse spreektaal is “mal” ’n familiêre woord. In Frans beteken dit “sleg”. Dis goed. Dis ondraaglik mooi. Ek was so mal oor haar dat ek mal was van woede en mal van hartseer toe sy van my weggestap het. Sy was mal om alles te weier wat ek gehad het om haar aan te bied. Mal is fantasties en absurd en onsinnig. ’n Warboel metaforiese verbintenisse verwring idees oor geestesiektes...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X