RAKLEWE
Die boekebedryf: dinge gaan nou vinnig verander
Stapels boeke lê op die oomblik onaangeraak by uitgewers en in boekwinkels, en verkope van e-boeke tel spoed op, maar moenie glo dat papier die finale nekslag gekry het nie, skryf MADELEINE BARNARD. ’n Bedryf wat lankal om oorlewing stry, takel hierdie uitdaging met uit-die-boks kreatiwiteit.
RAKLEWE
Die boekebedryf: dinge gaan nou vinnig verander
Stapels boeke lê op die oomblik onaangeraak by uitgewers en in boekwinkels, en verkope van e-boeke tel spoed op, maar moenie glo dat papier die finale nekslag gekry het nie, skryf MADELEINE BARNARD. ’n Bedryf wat lankal om oorlewing stry, takel hierdie uitdaging met uit-die-boks kreatiwiteit.
Deel
DAAR is ’n nuutskepping wat sedert 2013 die ronde doen in die sosiale media. “Vellichor” het sy eerste verskyning gemaak op John Koenig se woord-webwerf, The Dictionary of Obscure Sorrows. Dit beskryf die melancholiese gevoel wat die reuk van winkels vol ou boeke by mens opwek, “…. soos ’n ou vertrek wat die skrywer jare gelede verlaat het, ’n versteekte anneks waarin gedagtes rongestrooi lê, gelaat net soos op die dag wat hulle in woorde omskep is”.
Boekliefhebbers het ’n vreemde, intense verhouding met boeke. En boeke is een van verskeie nie-essensiële items wat niemand nou te koop kan kry nie. En of jy nou “vellichor” ervaar as jy in ’n ou boekwinkel instap, of ’n nuwe boek oopkraak en die vars papier-en-gomreuk jou met ’n ander, eiesoortige opwinding vul, die feit bly staan: Boeke is ’n passievolle saak.
Boekbekommernis in die tyd van corona..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelMadeleine Barnard
SkrywerMadeleine Barnard is ’n vryskutskrywer en sanger/liedjieskrywer. Sy het al drie albums met oorspronklike musiek opgeneem en een boek (Cape Town Stories - 2007) geskryf. Sy woon in die Karoo saam met haar lewensmaat en sewe katte.