Op soek na die Woody Guthries van die 20’s

KÔ, LAT ONS SING

Op soek na die Woody Guthries van die 20’s

Rasloos, kleurloos, gesigloos, gewetenloos. Só beskryf JAN HORN die onsigbare virus wat in ons stede en strate dwarrel en dwaal. Deur die geskiedenis het liedjieskrywers en sangers die gees van die swaarkrytye vasgevat. Wie gaan nou sing van hoop en wanhoop? Wie gaan in woorde sing waardeur duisende Suid-Afrikaners vandag gaan?

DIE geskiedenis kom in siklusse en herhaal homself.

In elke era is daar die digters, skrywers en liedjieskrywers wat die sosiale aspekte van daardie tyd in woorde en musiek uitdruk. Hulle sing van sosiale ongeregtigheid, ballades van heldeverering, swaarkry en reaksie op ’n versmorende politieke en ekonomiese bestel. Reaksie teen reëls, wette en regulasies van die manne in uniforms en grys snyerspakke.

In die 1960’s was dit protessangers soos Bob Dylan en Joan Baez met “The Times They Are a-Changin’” en “We Shall Overcome”. In weerstand teen die Viëtnam-oorlog en gesiglose generaals het ’n vloedgolf van protes uitgebreek waarin die bestaande bestel totaal afgebreek is. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.