Inperking is ’n bonus vir kaal mans

#TROTSEBOERTJIE

Inperking is ’n bonus vir kaal mans

Met fisieke afstand as deel van die Covid-19-maatreëls vind Afrikaanse mans ’n buitengewone manier om lendefoto’s met mekaar te deel, skryf ANDRÉ-PIERRE DU PLESSIS. Waarskuwing: Nie vir sensitiewe lesers nie.

TWITTER is ’n vreemde plek wat hoofsaaklik bedoel is vir kort SMS-tipe boodskappe aan ’n baie spesifieke gehoor. Dink byvoorbeeld aan pres. Donald Trump se gebruik van Twitter. Vir hom is dit ’n plek waar hy direk met sy ondersteuners kan gesels.

Deels te danke aan Trump en aan die manier wat die Amerikaanse pers op ’n effektiewe manier Twitter gebruik, het die Afrikaanse media probeer om dit na te boots. Maar ’n dekade nadat Huisgenoot se Twitter-profiel op die been gebring is, is daar nog nie juis ’n suksesstorie oor die gebruik van Afrikaans op Twitter nie.

“Betrokkenheid” (of in Engels “engagement”) is die term wat Twitter gebruik om die sukses van ’n profiel te bepaal. Dit meet die getal mense wat met jou gesels, jou foto’s “like” en jou tweets hertweet. Op Huisgenoot se profiel is daar byvoorbeeld selde enigiemand wat kommentaar lewer. As jy egter wil weet hoe suksesvolle “betrokkenheid” in Afrikaans lyk volgens Twitter se eie maatstaf, sal jy ’n plek vind wat van hoofstroommedia weggesteek word...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.