Jeanne Goosen | Nou kan sy rus, die rare voël

GENIALE DROMER

Jeanne Goosen | Nou kan sy rus, die rare voël

Hierdie huldeblyk is 'n onbegonne taak, skryf DEBORAH STEINMAIR by die afsterwe van die skrywer Jeanne Goosen. Hoe vang jy iemand in woorde vas wat minstens vyf lewens in een leeftyd ingepas het?

ek sal hierdie dorp vir ’n ander verruil
een wat na klip ruik
’n dorp met skielike voëls ek sal vannag nog gaan
ek sal die laattrein haal
– Elders aan diens, Genugtig, 2009

Jeanne Goosen is dood en Afrikaans en die wêreld is leër. Die lewe het haar nog altyd vermoei:

die nag is droewig en ek is hier om die lewe te slyt
om job te lees en kitare te speel
en vrae van ouvrouens te beantwoord: van watter goosens is jy
om op reënerige aande pannekoek te eet
om in wintermaande griep te kry
om op plase te kuier en soms melancholies te word
as houtvure brand en iemand op ’n bekfluitjie speel
om vriendskappe te sluit en jammer te voel vir bruin mense
om skulpe te versamel en om later valstande te kry
om nagmaal te drink en om snags sigarette te rook
om gedigte te maak en na bach te luister
– ’n Uil vlieg weg, Tafelberg, 1971..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.