Pandemie maak ‘om te gee’ ook aansteeklik

OOP HARTE EN HANDE

Pandemie maak ‘om te gee’ ook aansteeklik

Die Covid-19-pandemie noop Suid-Afrikaners – baie wat self bitter min het – om die hand na mense in nood uit te reik. Die Woord sê nie verniet ‘Gee, en vir julle sal gegee word’ nie. LIRYN DE JAGER kyk na waarom dit goed is vir jou om in tye van nood te gee.

HAARNET op, masker aan en met ’n vlymskerp mes in die hand trek Yasmina Baker nog ’n sak nader. Dan is dit soos ’n goed geoliede masjien – kop en end en skil af, pitte uit, in stukke – gereed vir heilsame sop. As die botterskorsies weggewerk is, wag daar uie en wortels vir haar en nog 14 vrywilligers wat vir vanoggend se skof hier by die Woodstock Brewery aangemeld het.

Terwyl die talle ekstra hande hier in die eertydse restaurantgedeelte van die brouery verkies om botterskorsie te skil en eerder met geel vlekke huis toe te gaan, gee ek nie om vir die tranerige affêre met die uie nie. Ten minste kan ek dan dié knolgroente die skuld gee vir die nat strepe oor my wange.

As skrywer wat gewoonlik met woorde en prentjies werskaf, het ek deesdae meer as genoeg tyd op hande, letterlik. Die vryskut-koei is droog. En al het my ma meer as 25 jaar gelede gesê sy sal vir enige studies betaal behalwe maatskaplike werk want my hart is te sag, vergoed ek in hierdie dae van corona daarvoor. Ek kan nie anders nie, dis in my bloed, deel van wie en wat ek is. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.