Met kronkelpaaie terug na my hart

VADERSDAG 2020

Met kronkelpaaie terug na my hart

MICHÈLE MEYER se pa het met standerd sewe begin, maar hy was op pad êrens heen. En toe hy die bestemming bereik, gaan hy weg en van kwaadgeit verloor hulle mekaar ...

MY pa het net standerd sewe klaargemaak op skool. Sy drie boeties ook. Ek weet nie van hulle sussie nie. Die wêreld was steierend weerskant twee oorloë en hul oukêrel het gereken basta somme maak en spel, ambagsmanne bring kos tafel toe. Standerd sewe is wat hy hulle gegun het. Dan loop leer om met hul hande te werk.

Op 16 word my pa toe ’n lettersetter. Sy eerste salaris moes hy tot sy verslaentheid net so uitkeer in sy pa se bak hand. (Op die tweede maand se payday het hy eers vir hom ’n dosyn koeksisters gaan koop, al 12 verorber in die bus op pad huis toe en die res van sy loon uitgekeer. Daarna het hy gaan opgooi agter die visdam.)

Wat vir hom erger was as die gemis aan leesboeke, geskiedenis en atlasse, was die kwetswoorde-eggo van sy wiskunde-onnie: “Jy sal nooit êrens kom nie, De la Rey, jy’s onnooslik!”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.