Spertyd – nou rus die reisiger

HULDEBLYK

Spertyd – nou rus die reisiger

Elsa Joubert het die wêreld ingevaar in 'n tyd toe vroue se plek in die huis was, onsiende versperrings afgebreek en later oudword van binne oopgeskryf. DEBORAH STEINMAIR bring hulde aan 'n baanbreker wat enige era en omgewing kon bewoon en wie se reis op aarde die afgelope week by 'n einde gekom het.

“Ons hele lewe is ’n reis op aarde.” Elsa Joubert, Insig, 2002.

AS ek aan Elsa Joubert dink, dink ek aan ’n reisiger. Sy wat op 26 vrou-alleen Afrika binnegevaar het. Haar eerste publikasies was reisboeke en sy het vir Amanda Botha van Rapport gesê elke roman het sy kiem in ’n reisverhaal. Reis is ’n vormgewende ervaring, sê sy in 2002 vir Insig. “Maar dan moet ’n mens liefs alleen reis ... Dan is jy meer op jouself aangewys en jy ervaar baie helderder.”

Sy het oor onderdruktes en randfigure geskryf, oor ontheemdheid. “Dit is iets wat jou daar prik en daardie ding bly by jou. Jy wil dit verwerk.”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X