LUISTER | Die toekoms van sport

NUWE TRADISIES

LUISTER | Die toekoms van sport

Het Covid-19 die doodsklok vir toeskouersport gelui? Kan sport hoegenaamd oorleef? In die opname hier onder gesels JODY HENDRICKS met Pieter Geldenhuys, 'n toekomskundige en die direkteur van die instituut vir tegnologie, strategie en vernuwing aan die Noordwes-Universiteit.

COVID-19 het die ganse sportwêreld tot 'n stilstand geruk. Byeenkomste is gekanselleer en in die meeste gevalle is geen toeskouers toegelaat by dié wat wel voortgegaan het of hervat is nie. 

Baie sportliefhebbers sit in sak en as en spelers, klubs en sportliggame wonder óf en hóé  hulle gaan oorleef. Maar hierdie is eintlik die ideale geleentheid om te besin oor die toekoms van sport – en veral hoe tegnologie aangewend kan word – sê Pieter Geldenhuys, 'n strateeg en toekomskundige en direkteur van die instituut vir tegnologie, strategie en vernuwing aan die Noordwes-Universiteit. 

As ons sportsterre van wêreldgehalte wil ontwikkel, sê Geldenhuys, moet ons tegnologie gebruik. Sportliggame en -bestuurders sal na hulle sakemodelle moet kyk indien hulle relevant wil bly en vir sportliefhebbers sal tegnologie ook 'n heel nuwe ervaring wees...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.