Spensplaas: hoe groente en hoop ’n gemeenskap deur Covid-19 gehelp het

TUINPROJEK FLOREER

Spensplaas: hoe groente en hoop ’n gemeenskap deur Covid-19 gehelp het

Moenie na die regering draai vir goeie nuus nie, want daar gaan jy lank soek. Gaan soek die verhale van gewone mense wat 'n verskil maak, want dít is waar die uitsonderlike eienskappe van Suid-Afrikaners die beste ten toon gestel word, sê ANNELIESE BURGESS. Sy vertel die merkwaardige verhaal van 'n gemeenskapstuin op 'n boer se plaas in die Karoo wat tydens die inperking op die been gebring is.

IN Maart kom die inperking. Die land ruk dood. En op De Rust, die skilderagtige klein dorpie net anderkant Oudtshoorn, gebeur wat landwyd gebeur. Mense raak honger. En soos in gemeenskappe oral in die land spring die mense van De Rust in om kospakkies uit te deel, want dit is al hoe hulle geweet het hulle mekaar kan help.

In dié tyd begin daar 'n gedagte broei by Celia le Roux. Die Le Rouxs is 'n vooraanstaande landboufamilie op de Rust wat boer op die plaas Domein Doornkraal. In die eerste weke van inperking begin Celia 'n stuk grond skoonmaak waarop sy met pampoene geëksperimenteer het. En op 'n dag, terwyl sy so kyk na die oop grond met die druppers en plastiek en wonder wat sy volgende hier gaan plant, tref die idee van 'n gemeenskapstuin haar. Sy tik 'n boodskap op die plaaslike WhatsApp-groep – sy wil grond en water vir 'n gemeenskapstuin beskikbaar stel. Haar buurvrou Kathryn Eybers reageer onmiddellik. 

Kathryn Eybers en Ross Dwyer verbou al 15 jaar lank organiese groente op hulle permakultuurplaas Numbi Valley, (https://numbivalley.webs.com/) en nes Celia het Kathryn deur die eerste weke van die inperking bekommerd geraak oor die volhoubaarheid van die kospakkie-uitdelery. “'n Piepklein gemeenskap soos ons s'n sou dit net nie op die lange duur finansieel kon volhou om vir mense aan te hou kos skenk nie. “Die idee van 'n gemeenskapstuin was al jare in die omloop," vertel sy, “maar die nood van Covid-19, en Celia se aanbod, het die ding uiteindelik laat gebeur."..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.