St. Jacinda tot die redding

DIE TEENOORGESTELDE VAN TRUMP

St. Jacinda tot die redding

Jacinda Ardern, die premier van Nieu-Seeland, mik na 'n volstrekte meerderheid by die stembus met 'n boodskap dat meelewing wél moontlik is in die politiek. Sy is op die kruin van haar gewildheid ná haar land se vinnige en drastiese optrede teen Covid-19, maar sit ook met 'n resessie, skryf ADRI KOTZÉ.

BEHALWE vir die All Blacks en die feit dat Lord of the Rings daar verfilm is, het Nieu-Seeland tot 2017 skaars 'n blip op die internasionale radar gemaak. Manuka-heuning is 'n ding, die wyn heel lekker, skaapplase groot en die natuurskoon asemrowend, maar nie juis rede om nuusgebeure te oorheers nie.

Dit was totdat Jacinda-manie die wêreld in Oktober daardie jaar tref toe Ardern premier word. 'n Voorstedelike vrou wat erken sy is nogal vervelig boer sedertdien onder die nuustydskrif Time se 100 mees invloedryke mense in die wêreld, haar naam is al in dieselfde asem as 'n Nobel-vredesprys genoem en Forbes het haar op hulle lys van die wêreld se mees invloedryke vroue gesit. The Atlantic (https://www.theatlantic.com/politics/archive/2020/04/jacinda-ardern-new-zealand-leadership-coronavirus/610237/) het haar in April as “waarskynlik die wêreld se mees doeltreffende leier" bestempel. Die Financial Time (https://www.ft.com/content/d26564b4-80ba-11ea-82f6-150830b3b99a)s het in 'n opskrif uitbasuin: Arise, Saint Jacinda, a leader for our troubled times. 

Twee boeke is al oor Ardern geskryf (sy het gesê dis vir haar 'n verleentheid) en die natuurkenner en televisie-aanbieder Sir David Attenborough het pas geskryf (https://www.dailymail.co.uk/news/article-8750911/SIR-DAVID-ATTENBOROUGH-sets-mankind-pull-miracle-save-planet.html) dat ander regerings Ardern se voorbeeld moet volg om die planeet te red. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.