ANNETTE STEYN zoom met my op haar selfoon wat sy bo-op ’n ketel in haar hotelkamer staangemaak het. “Dis ’n hele kontrepsie," lag sy terwyl sy haarself in ’n dik, grys kombers toewikkel teen die vroegaandkoue in Ermelo. Dis amper sesuur, en sy was die hele dag op plase.
“Scary, scary grondhervormingstories,” sê sy oor haar dag.
Maar die tema is dieselfde as wat sy nou al vir baie jare by swart boere op grondhervormingsplase hoor: Hulle mag net huur, want die wet het só verander dat die opsie om grond te koop, of titel te kry, nie meer bestaan nie. En só sukkel hulle maar van huurkontrak tot huurkontrak – en met elke hernuwing is daar probleme. Óf daar moet omkoopgeld betaal word om die kontrakte te verleng, óf hulle word van die grond afgesit en dit word aan ander “begunstigdes” gegee – in baie gevalle “belangrike mense” met konneksies in die regerende party...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.