Donkerdrif en die man wat die hele wêreld wou insluk
GENIAAL

Deon Meyer se nuwe boek is 'n verleidelike simfonie van onbetaamlike aptyte, gierigheid, ambisie, intuïsie, sekspeste, honger, wellus en soeke na liefde, skryf DEBORAH STEINMAIR.
MY pa was 'n beeldhouer wat tot sy dood nooit ophou werk het nie, maar wanneer 'n nuwe Deon Meyer aanland, het hy vir 'n dag of twee alles gelos en net gelees. Só voel ek ook wanneer ek 'n nuwe Meyer oopkraak. Ek eggo Johan de Lange se vertaling van W.H. Auden: “Stop alle horlosies, trek uit die telefoon, / maak die hond stil met ’n sappige been” – Mammie wil lees. Lastig om werk toe te moet gaan as die nag te kort was om klaar te lees.
Sy karakters het ons vriende geword. Soos almal het ek 'n hart vir Bennie Griessel, maar my gunstelinge is Vaughn Cupido en Mbali Kaleni. Ek kan elkeen van hulle sien. Bennie lyk soos Die Byl en 'n bietjie soos Paul Eilers. Vaughn lyk vir my soos Brendon Daniels, net ronder. Kolonel Kaleni lyk soos Thuli Madonsela, net ronder. Die boef in Donkerdrif, die formidabele sakeskurk Jasper Boonstra met sy kroekboek, hoogs geheime kodes en menigvuldige versteekte bates, lyk net soos Markus Jooste.
Wat broei in Volvoville..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Deborah Steinmair
BoekeredakteurDeborah Steinmair is ’n bekroonde skrywer en onversadigbare leser. Sy was al twee keer die Rapport-kykNET-boekresensent van die jaar.