MY ma was geen aanhanger van die Britse koningsgesin nie. Sy het grootgeword in ’n wêreld waar sy “God Save the King” móés sing, in die tyd voor Suid-Afrika ’n republiek geword het. Mansvriende van haar is destyds opgedons toe hulle geweier het om op te staan vir die Britse volkslied by ’n rolprentvertoning.
Sy was lief daarvoor om Faroek, die destydse onttroonde koning van Egipte, se beroemde aanhaling te herhaal: “Binnekort sal daar net vyf konings oor wees – die koning van Engeland, die koning van skoppens, die koning van klawers, die koning van harte en die koning van diamante.”
Sy droë aanmerking bly my steeds by. Want in die Buckingham-paleis in 2020 klou die Britse koningsgesin verbete aan hul tradisies, die veranderende wêreld om hulle ten spyt. Vir ’n spannetjie wat beroemd is omdat hulle, wel, beroemd is, en wat die Britse belastingbetaler ’n hoop geld kos, wil dit gedoen wees. Hulle is vir my so half soos ’n kenlose en holverstopte weergawe van die Kardashians. Sonder die TV-kameras...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.