Marguerite van Wyk is 'n vryskutjoernalis met oor die 30 jaar se ondervinding. Sy is 'n koorsanger wat al in kore soos die Cape Symphony Choir en Libertas-koor gesing het. Sy doen ook bemarking en mentor jong leerders wat in joernalistiek belangstel.
MUSIEK HET HÁÁR GEKIES
Liza se klavier gaan Drakies toe
Sy het as't ware volksbesit geword toe Kombuis Kombuis ’n liedjie oor haar en haar klavier skryf - en nou word Liza Joubert hoof van musiek by nóg 'n kultuurskat, die Drakensbergse Seunskoor. MARGUERITE VAN WYK gesels met die talentvolle kunstenaar wat seuns wil leer toor met musiek.
Deel
DAAR IS 'n ou Aga-stoof in die kombuis van die Johnman-musieksentrum in Hertestraat, een van die oudste strate in Stellenbosch. 'n Boks yskoue kersies is op die kombuistafel, met twee pierings gereed vir pitte.
Voor my sit Liza Joubert. Volksbesit as't ware. Liza van Koos Kombuis se “Lisa se klavier” (iemand het dit later verkeerdelik met 'n “s” begin spel, al het Koos dit reg geskryf). Destyds het Koos gereeld by haar geld en tee en koffie “geleen". So wou hy op 'n keer weer R40 leen, gaan die storie, en ewe vindingryk skryf hy die lirieke vir “Liza se klavier” en skuif 'n papiertjie met die woorde daarop onder deur haar deur. Liza se hart vermurwe en sy leen maar weer. Kort daarna toonset hy dit.
Eintlik gesels Liza nie graag oor oor haar persoonlike lewe nie. Sy gooi haar hande in die lug en lag. “Want wat maak dié dinge tog sáák?”..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Marguerite van Wyk
JoernalisMarguerite van Wyk is 'n vryskutjoernalis met oor die 30 jaar se ondervinding. Sy is 'n koorsanger wat al in kore soos die Cape Symphony Choir en Libertas-koor gesing het. Sy doen ook bemarking en mentor jong leerders wat in joernalistiek belangstel.