OP 3 Oktober 2014 maak Serial (https://serialpodcast.org/), ’n podsending oor die moord op Hae Min Lee, ’n 18-jarige hoërskoolleerder, sy debuut. Die ondersoekende joernalis Sarah Koenig neem met dié vertelling die luisteraar saam op die spoor van die moordenaar. Miljoene luisteraars skakel in, meegevoer deur hoe Koenig die narratief van Lee, haar eks-kêrel, en die moord saamvleg. Adnan Masud Syed, Lee se eks, is weens die moord gearresteer en later ’n lewenslange vonnis opgelê, maar in Serial word dié oënskynlik eenvoudige einde ontrafel om te wys net hoe morsig die realiteit eintlik is.
Serial en 2015 se The Jinx (https://www.youtube.com/watch?v=8ZabDYB7ijM), ’n dokumentêre reeks oor die beweerde moordenaar Robert Durst, word wyd gereken as katalisators van ’n hernude fokus op sogenaamde waremisdaad-dramas, hetsy in boeke, podsendings of op TV. Maar met die TV-reeks Making a Murderer (2015) is ’n onteenseglike wedergeboorte van die genre ingelui. Dié Netflix-reeks vertel die verhaal van Steven Avery wat 18 jaar lank agter tralies gesit het nadat hy verkeerdelik aan poging tot moord en seksuele aanranding skuldig bevind is. Kort ná sy vrylating is hy egter weer vasgetrek – dié keer vir moord.
In die eerste maand ná Making a Murderer (https://www.youtube.com/watch?v=qxgbdYaR_KQ) se uitreiking is ’n gemiddelde van 19.3 miljoen kykers (https://www.adweek.com/tv-video/over-8-million-viewers-us-watched-making-murderer-its-first-35-days-169602/#:~:text=But%20according%20to%20Symphony%20Advanced,Murderer%20averaged%2019.3%20million%20viewers.) per episode aangeteken. Die syfer bly styg soos wat Netflix na meer lande uitbrei en die reeks ook op ander netwerke en kanale beskikbaar word...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
KYK-KULTUUR
Bloed op die skerm: Waarom ons weer en weer na ware misdaad kyk
Is dit die raaisel, die vrees, die vreemde karakters, of waarom is ons so behep met dramas oor ware misdaad? vra ROZANNE ELS.
Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelRozanne Els
JoernalisRozanne Els is ’n joernalis, skrywer en vervaardiger in Kaapstad. Sy het ’n meestersgraad in joernalistiek aan Columbia-universiteit in New York.