Mens mág nog dig oor jou kat en ’n bos blomme

KLEIN BLOU VOËLTJIE VAN GELUK

Mens mág nog dig oor jou kat en ’n bos blomme

Skuins ná middernag, Maandagmôre. Die nag is vol gedagtes en DEBORAH STEINMAIR lê wakker. Sy wonder wie mag skryf.

DIE waaier ruis soos ’n warrelwind. Ek laat die kussing vloer toe val soos ’n bladsy uit die tikmasjien toe ek jonk was. Ek reik na ’n droër, koeler een. Neffens die bed lê altyd kussings, hopies boeke, stapels papiere, selfoon, skootrekenaar.

In die donker skoorvoet ek 'n ingewikkelde eierdans badkamer toe. Ek trap lig en hoog en voel ek iets sag onder my voet, systap ek drasties – die kat drapeer hom ook graag soos 'n leeuvel op voetsoolvlak.

Die nag is vol gedagtes. Idees en metafore flits en doof uit soos sterrereën. Ek maak kopnotas, maar hulle vervaag soos letters in nat sand. Sit oplaas maar regop en reik na die laptop...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.