In die week voor Krismis was die dywel los, volgens die evangelie van miste Muvasa, soese brisssssende leeu. ANASTASIA DE VRIES vertel van dié skouspelagtige huiskonsert elke jaar, waarvan net die herinneringe nou oor is.
HIERDIE tyd van die jaar begin miste Muvasa gewoonlik profeteer. Jy kan die vuur en swael in sy woorde ruik, verdoemenis in sy oopgesperde regterhand, terwyl hy stok in die linkerhand sy kooksel in die swartgebrande konka roer en roer. Die son sê tieng, maar hy stook die vuur.
Ons ken sy rympie uit die kop uit, dieselle aanhef jaar ná jaar: Dis mossie Groot Dae dié, die Grooooot Dae, ennie dywel loep rôn soese brisssssende leeu. Daai brissende leeu was haar ever end, skater Rita Muvasa, nog net so uitgekletter soos toe ons kinders was. En haar pa in ’n three-piece suit pure evangelis, swetend voor ’n vuur wat al van vroegdag brand. In die konka prut sy werfhonde se aandkos, halfgeskraapte blaarpens en beeskoppe. Hul jaart in Ravensmead se 11de Laan vol kinders wat kom luister na die woord van haar pa.
Dis die week voor Krismis. Die duiwel is los, volgens die evangelie van miste Muvasa. Brisssssend, grom hy met kromgetrekte skouers. Ons ril en beef in die hitte. Die duiwel is oral, in alles en almal, in ons ore, op ons skouers, blasend, boos. Bris-se-se-se-send, ry miste Muvasa die esse, wysvinger ten hemele. Ons al brissend agterna. Die sweet tap hom af. Hy vergeet van sy kooksel, die roerstok word ’n staf waarmee hy sy volk die woestyn uitlei...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
KERSFEES KOM
Dit gaan ’n annerste Krismis wees
In die week voor Krismis was die dywel los, volgens die evangelie van miste Muvasa, soese brisssssende leeu. ANASTASIA DE VRIES vertel van dié skouspelagtige huiskonsert elke jaar, waarvan net die herinneringe nou oor is.
Deel
HIERDIE tyd van die jaar begin miste Muvasa gewoonlik profeteer. Jy kan die vuur en swael in sy woorde ruik, verdoemenis in sy oopgesperde regterhand, terwyl hy stok in die linkerhand sy kooksel in die swartgebrande konka roer en roer. Die son sê tieng, maar hy stook die vuur.
Ons ken sy rympie uit die kop uit, dieselle aanhef jaar ná jaar: Dis mossie Groot Dae dié, die Grooooot Dae, ennie dywel loep rôn soese brisssssende leeu. Daai brissende leeu was haar ever end, skater Rita Muvasa, nog net so uitgekletter soos toe ons kinders was. En haar pa in ’n three-piece suit pure evangelis, swetend voor ’n vuur wat al van vroegdag brand. In die konka prut sy werfhonde se aandkos, halfgeskraapte blaarpens en beeskoppe. Hul jaart in Ravensmead se 11de Laan vol kinders wat kom luister na die woord van haar pa.
Dis die week voor Krismis. Die duiwel is los, volgens die evangelie van miste Muvasa. Brisssssend, grom hy met kromgetrekte skouers. Ons ril en beef in die hitte. Die duiwel is oral, in alles en almal, in ons ore, op ons skouers, blasend, boos. Bris-se-se-se-send, ry miste Muvasa die esse, wysvinger ten hemele. Ons al brissend agterna. Die sweet tap hom af. Hy vergeet van sy kooksel, die roerstok word ’n staf waarmee hy sy volk die woestyn uitlei...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
’n Brief vir Adam Small
Buite woed die waansin
Nóg ’n kind is dood aan die oorlogsfront
Hoe ’n taal kan groei en kan dood
Haar voorvroue het haar gekom haal
’n Ode aan die ware vreeslose vroue
‘Ek wag op ’n nuwe Suid-Afrika’
Deel
-
Deel
Anastasia de Vries
Bydraende redakteurAnastasia is dosent aan die Universiteit van Wes-Kaapland, skryf soms, haar hartsgrond is in Ravensmead se lane en sy is mateloos verlief op haar studente, veral die eerstejaars.