Hoe ’n taal kan groei en hoe dit kan dood

AFRIKAANS SE STIEFKINNERS

Hoe ’n taal kan groei en hoe dit kan dood

In haar standerd 8-jaar het ANASTASIA DE VRIES geleer dat woorde in enige variëteit van onse soorte Afrikaans bevrydend kan wees, maar dat daai selfde woorde ook kan stigmatiseer en uitsluit.

EK is die een wat vir onse studente gesê het volg dié of dai groep op sosiale media as julle meer wil leer van Afrikaans, oor hoe verskillende mense haar gebruik, van hoe júlle magic met haar kan maak. In al haar volheid. Soos my kollegas, maak ek hulle immers wys van die gebruikswaarde en -waardigheid van alle soorte Afrikaans, dié wat hulle oor geslagte oorgeërf het en hul jonger loot wat veral in die 20ste eeu blink gelek is vir volk en vaderland.

Ek het hulle nie vertel Afrikaans het stiefkinners nie, die een meer ongelyk as die ander nie. Trouens, ek het nie gedink dis meer nodig nie. Dekades se navorsing het klaargespeel met dié soort taalapartheid, het ek gedink. Daarom hoef mens seker nie in hierdie verligte eeu vir die bekeerdes te preek nie?

Hoe deeglik ek my misgis het, het ek die afgelope Sondag uitgevind, die eerste Sondag in Erfenismaand nogals, toe ek van minstens vier studente skermgrepe kry van kru rassisme, aangestig deur ’n kammakastige onskuldige vraag: Wat is die verskille tussen slordige Afrikaans, mengels-Afrikaans, Afrikaaps, Kaaps en Capey?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.