Die slegste jaar se vyf beste boeke

BOEK, BOEKER, BOEKSTE

Die slegste jaar se vyf beste boeke

ANNELIESE BURGESS deel die vyf boeke wat in 2020 'n diep en blywende indruk op haar gemaak het.

TOE die nasionale staat van inperking ons hier in Maart in 'n wêreld dompel wat ons nie in ons wildste drome sou kon voorspel het nie, is die boekbedryf ook swaar getref. Mense het finansieel begin swaar trek, boekwinkels se deure is gesluit, en vir lank kon mens nie eens aanlyn bestel nie. Dit was vir ons almal 'n groot gemis. Byna almal op ons redaksie het al óf self 'n boek geskryf (Max het 17 agter sy naam!) óf is betrokke by vertaling of redigering of keuring van tekste.

Boeke is in ons bloed. En met die gemis van boeke, en die donker nasleep van die inperking, word die idee van Boekbedonnerd gebore – 'n boekeblad wat nie 'n boekeblad is nie, maar eerder 'n ode aan die geskrewe woord vir mense wat hou van lees.

En elke Boekbedonnerd van die afgelope vyf maande voel vir my soos heilige werk. Uit die meer as 50 boeke waaroor ons hierdie jaar liries geraak het, het hierdie vyf boeke vir my uitgestaan. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.