Selde is die verbeelding so aangegryp soos deur die 100-jarige Captain Sir Tom Moore, 'n onwaarskynlike held van die pandemie. Waarom het dié man met sy flonkerende oorlogsmedaljes en skuifelstappie soveel mense besiel? ADRI KOTZÉ besin oor die betekenis van een man en sy loopraam.
'n MENS kan die storie van hoe Thomas Moore 'n onverwagse en onwaarskynlike held geword het, begin met die huldeblyke van oor die hele wêreld ná sy dood op 100 jaar en nege maande; met halfmasvlae en 'n landswye handeklap, of met grootse planne vir 'n Hollywoodrolprent, militêre begrafnis en 'n standbeeld.
Die storie kan ook begin met sy tyd as soldaat in die Tweede Wêreldoorlog, of met die eerste pandemie-skuifelstappie op 99-jarige ouderdom in sy agterplaas met 'n loopraam om 'n beskeie £1,000 in te samel. Die enorme bedrag wat ingestroom het – saam met belastingkorting £39 miljoen oftewel R792 miljoen teen sy dood die afgelope week – sou 'n goeie aanknooppunt wees. Dalk met die beeld van waar daardie ander beroemde bejaarde, koningin Elizabeth, hom tot ridder slaan? Of met 'n sentimentele aanhaling; die hemel weet ons kan doen met iets gemaklik-bemoedigend.
Maar dit sou gepas wees om die verhaal van Captain Sir Tom Moore op 'n onopvallende dag in 2018 te begin. Soos elke ander oggend het hy om 6.30 opgestaan, pap met kondensmelk geëet en flou tee gedrink. Ons weet nie presies wat hy daarna gedoen het nie, maar kan aanvaar hy het, soos gewoonlik, die koerant gelees of 'n ent gaan stap in die onmerkwaardige dorpie Marston Moretaine, sowat 'n uur se reis noord van Londen, waar hy saam met sy jongste dogter en haar gesin gewoon het. Dalk het hy in sy kweekhuis gewerk, die gras gesny of 'n ent in die kar gaan ry, soos wat sy gewoonte was. Nadat hy later vir homself middagete gemaak het (hy kon net sagte kos eet), het hy die skottelgoed weggepak...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
TREE VIR TREE
Captain Tom, die beste van ons
Selde is die verbeelding so aangegryp soos deur die 100-jarige Captain Sir Tom Moore, 'n onwaarskynlike held van die pandemie. Waarom het dié man met sy flonkerende oorlogsmedaljes en skuifelstappie soveel mense besiel? ADRI KOTZÉ besin oor die betekenis van een man en sy loopraam.
Deel
'n MENS kan die storie van hoe Thomas Moore 'n onverwagse en onwaarskynlike held geword het, begin met die huldeblyke van oor die hele wêreld ná sy dood op 100 jaar en nege maande; met halfmasvlae en 'n landswye handeklap, of met grootse planne vir 'n Hollywoodrolprent, militêre begrafnis en 'n standbeeld.
Die storie kan ook begin met sy tyd as soldaat in die Tweede Wêreldoorlog, of met die eerste pandemie-skuifelstappie op 99-jarige ouderdom in sy agterplaas met 'n loopraam om 'n beskeie £1,000 in te samel. Die enorme bedrag wat ingestroom het – saam met belastingkorting £39 miljoen oftewel R792 miljoen teen sy dood die afgelope week – sou 'n goeie aanknooppunt wees. Dalk met die beeld van waar daardie ander beroemde bejaarde, koningin Elizabeth, hom tot ridder slaan? Of met 'n sentimentele aanhaling; die hemel weet ons kan doen met iets gemaklik-bemoedigend.
Maar dit sou gepas wees om die verhaal van Captain Sir Tom Moore op 'n onopvallende dag in 2018 te begin. Soos elke ander oggend het hy om 6.30 opgestaan, pap met kondensmelk geëet en flou tee gedrink. Ons weet nie presies wat hy daarna gedoen het nie, maar kan aanvaar hy het, soos gewoonlik, die koerant gelees of 'n ent gaan stap in die onmerkwaardige dorpie Marston Moretaine, sowat 'n uur se reis noord van Londen, waar hy saam met sy jongste dogter en haar gesin gewoon het. Dalk het hy in sy kweekhuis gewerk, die gras gesny of 'n ent in die kar gaan ry, soos wat sy gewoonte was. Nadat hy later vir homself middagete gemaak het (hy kon net sagte kos eet), het hy die skottelgoed weggepak...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelAdri Kotzé
JoernalisAdri Kotzé is 'n vryskutjoernalis in Londen. Sy was tot Julie 2021 adjunkredakteur van Vrye Weekblad en het al onder meer vir die Bhekisisa Centre for Health Journalism, Carte Blanche, Rapport, Special Assignment en Beeld gewerk.