Kwaai! Khoekhoegowab eggo weer aan die Kaap van Goeie Hoop

NUWE WET BRING ERKENNING

Kwaai! Khoekhoegowab eggo weer aan die Kaap van Goeie Hoop

Toe apartheid in 1994 geëindig het, is die paar amptelike Suid-Afrikaanse tale tot 11 verhoog om die land inklusief vir almal te maak. Maar een groep is skynbaar vergeet: die inheemse inwoners van wat vandag die Vrystaat, Noord- en Wes-Kaap is. Khoi-San-tale, onder die wêreld se oudstes, word skaars op enige plek erken. Dit begin nou verander danksy die werk van individue, die regering, akademici en universiteite, skryf MIRIAM MANNAK.

EEN van die eerste dinge wat 'n buitelandse besoeker in Suid-Afrika agterkom, is die land se linguistieke diversiteit. Kyk maar net na ons volkslied, wat uit verse in vyf verskillende tale bestaan: isiXhosa, isiZoeloe, Sesotho, Afrikaans en Engels. Dit is daarom linguisties beskou die mees diverse volkslied ter wêreld. En op ons landswapen pryk die leuse: !Ke e: /xarra //ke (“diverse mense verenig”) in |Xam, een van die inheemse Khoi-tale wat uitgesterf het.

Maar net omdat niemand meer |Xam praat nie, beteken dit nie die taal het heeltemal verdwyn nie. Danksy die 19de-eeuse Duitse linguis W.H.I. Bleek leef |Xam, wat gepraat is in groot dele van wat vandag die noordweste van Suid-Afrika en selfs Namibië is, steeds voort in ’n dokument van 12,000 bladsye wat uit die 1860’s en 1870’s dateer. Hierdie werk, met handgeskrewe getuienisse van sommige van die laaste |Xam-sprekers, is ’n kardinale linguistiese bron wat diep in die |Xam se kultuur, tradisies en rituele delf, en tesame daarmee die vroegste geskiedenis van ons land.

Kardinale rol in geskiedenis vervul..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.