Wat as jy nié jou ma liefhet nie?

EK IS MY EIE MA

Wat as jy nié jou ma liefhet nie?

Jou lewe lank trek jou ma jou wurgend nader met die naelstring wat sy weier om te knip. Nee, dit is nie bloot ‘mammie-kwessies' nie. Dit is ’n ware afgryse in jou eie ma wat jy nie liefhet nie, maar jy durf dit nie wys of ’n woord sê nie, want ons is grootgemaak om ons ouers te eer. ALEXANDRA KOK* skryf oor die ma wat sy aan die lewe afgestaan het.

  • 14 Mei 2021
  • Mense & Kultuur
  • 6 min om te lees
  • artikel 14 van 29
  • Alexandra Kok*

TOKSIESE ma’s bestaan omdat toksiese mense bestaan. Elke Moedersdag is die inskrywings op Facebook vol versiersuiker wat ma’s soos aardse engele prys. Dit borrel oor van liefde, maar is dit waar vir almal?

Dit is eintlik ’n seksistiese mite om te dink dat alle vroue mense is wat op die aarde geplaas is om babas te baar, hulle aldag met oorgawe aan die bors te laat drink, liefkosings op hulle te laat reën en dan soos ’n leeuwyfie vir hulle te veg.

Dit sou ook verkeerd wees om te dink dat manipulerende vroue – narsiste wat emosioneel arm is – nie ook kinders het nie. En dat dié fyn manipulasie sal ophou sodra die ma bejaard is – inteendeel, dit word mettertyd net erger...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.