Jy weet nie jy’s menshonger tot dit soos ’n mens voor jou kom...

OOR 'N REÜNIE

Jy weet nie jy’s menshonger tot dit soos ’n mens voor jou kom staan nie

Op ’n dag soos dié, wanneer jy jou hand op ’n student se skouer plaas, gerusstellend, en sy jou hand vasgryp, weet jy dat julle oukei gaan wees, maar jy weet ook wat dit is wat jy gemis het, skryf ANASTASIA DE VRIES.

DIT was Vrydag 13 Maart 2020 toe ons gegroet het. Ons sou mekaar ná die week lange vakansie weer sien. Ons het nie. Ons was en is nog nie eens weer terug op kampus nie. Toe die inperkings vanjaar gelig word, reël ’n kollega ’n skryfwerksessie vir ons nagraadse studente. Vrydag, 15 Oktober. Hulle moes minstens een keer van aangesig tot aangesig met hul studieleiers oor hul navorsing kon praat.

Van oral het hulle gekom. Springbok, Ashton, Piketberg, die Oos-Kaap. Sou ons met die hand groet? Elmboog teen elmboog? Ons het vreemd geraak vir mekaar. Lugtig, dalk. Ons het mekaar byna twee jaar laas in lewende lywe gesien. Maar toe word dit een balhorige wedersiens. Luidrugtig. Onstigtelik. Ons hang soos vinkneste aan mekaar, arms om die nek, spring op en af soos kinders, vryf oor skouers en hande asof ons seker wou maak ons is rêrig. Menshonger. Dis wat ons was, maar jy weet nie jy is menshonger totdat dit soos ’n mens voor jou kom staan nie.

Op ’n dag soos dié, wanneer jy jou hand op ’n student se skouer plaas, gerusstellend, en sy jou hand vasgryp, weet jy dat julle oukei gaan wees, maar jy weet ook wat dit is wat jy gemis het. ’n Byna vergete connectedness met mense wat geen bloed van jou is nie, maar met wie jy ’n spesiale band het. Die energie van jongmense met groot drome. Hulle lewenslus. Die lokaal bruis. Jy voel of jy buite jou vel loop, asof jy ’n nuwe mens is. Jy hoor dit in die stemme van kollegas. Weg is die tamheid, die dofheid in die oë. Hulle huppel tussen die studente deur, van tafel tot tafel, luister aandagtig, hul arms wyd oopgesprei soos hulle verduidelik, hande en gesig praat saam...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.