’n Vrou se plek is op die rugbyveld

UIT DIE ARGIEF

’n Vrou se plek is op die rugbyveld

Wil jy stry? As iemand die beterweters op hulle neus kan laat kyk, is dit Aimee Barrett-Theron, wie se opgang as rugbyskeidsregter die geskiedenisboeke herskryf en die speelveld vir vroue gelyk maak. Dié artikel deur ANNELIZE VISSER het oorspronklik op 23 April vanjaar in Vrye Weekblad verskyn.

IN die teerstraat wat verby ’n huis in die voorstad Pinelands, Kaapstad, loop, is drie afstande afgemerk van onderskeidelik 20, 40 en 60 meter. As jy iets van rugby of fiksheid weet, sal jy die afmetings van die Bronco-toets herken. Indien nie, dis ’n fiksheidstoets uit Nieu-Seeland wat behels dat jy vyf keer heen en weer oor dié afstande hardloop om die totale afstand van 1,200 m in die kortste moontlike tyd af te lê.

Die huidige rekordhouer is die All Black-losskakel Beauden Barrett, wat die toets verlede Mei in 4 minute 12 sekondes voltooi het. Die voormalige All Black-kaptein Richie McCaw, met ’n reputasie as een van die fiksste spelers op die veld, se persoonlike beste was 4 minute 56 sekondes.

Die standaardvereiste vir manspelers is onder 5 minute 15 sekondes; vir vroue, 5 minute 30 sekondes. Maar Aimee Barrett-Theron se persoonlike maatstaf soos ooreengekom met SA Rugby is 4 minute 53 sekondes, dus drie sekondes vinniger as McCaw...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X