SLYP JOU LEM
Die mesmakers van Mzansi
Van dolke wat vir honderdduisende rande in Amerika van die hand gesit word tot handgemaakte kombuismesse wat op plattelandse markte verkoop word, mesmaak is 'n multibiljoenbedryf in Suid-Afrika. ANNELIESE BURGESS praat met drie mesmakers, met heel uiteenlopende filosofieë, oor wat hulle inspireer om dié eeue oue kuns te beoefen.
SLYP JOU LEM
Die mesmakers van Mzansi
Van dolke wat vir honderdduisende rande in Amerika van die hand gesit word tot handgemaakte kombuismesse wat op plattelandse markte verkoop word, mesmaak is 'n multibiljoenbedryf in Suid-Afrika. ANNELIESE BURGESS praat met drie mesmakers, met heel uiteenlopende filosofieë, oor wat hulle inspireer om dié eeue oue kuns te beoefen.
Deel
Funksioneel en uit die hart
DIE Bull Shark is 'n plomperige vleisbyl, die Shad het 'n lang, dun lem en die Hammerhead s'n lyk soos sy naamgenoot uit die oseaan – vierkantig, iewers tussen 'n klassieke sjefsmes en klein klower. Dit is net drie van Hew Morris se reeks lieflike kombuismesse wat hy in sy klein werkswinkel net buite Oos-Londen maak. Elkeen word geïnspireer deur die “kronkelende grondpaaie, riviere en see" van sy geliefde Wildekus, waar hy groot geword het.
Morris het kuns aan die Rhodes-universiteit gestudeer en daarna vir lank as 'n fotograaf in die advertensiewêreld in Johannesburg gewerk. Maar hier iewers in 2014 begin hy die ekonomiese inkrimping in Suid-Afrika aan eie bas voel. Werk in die advertensiewêreld het begin opdroog en uiteindelik sê Hew “het hy net te lank probeer vasbyt". Teen die tyd wat hy en sy vrou, Fel, besluit om terug te trek na sy grootworddorp, is hulle bankkrot en desperaat, maar in 'n ou plaashuis in 'n bloekombos bo-op 'n heuwel bo die mond van die Gqunuberivier begin hulle stadig 'n nuwe lewe bou. ..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelAnneliese Burgess
MederedakteurAnneliese Burgess is mederedakteur van Vrye Weekblad.