Douw Krüger het 30 jaar ’n loopbaan in produkontwikkeling en bestuur in die finansiële wêreld gevolg. Nou interesseer konfliksielkunde hom en doen hy konflikmediasie en help soms met konflikbestuur en opleiding. Hy hou van rondry met sy Land Rover en het al ’n bergpasse-ekspedisie gedoen. Verder bestee hulle so elke tweede jaar (Covid permitting) ’n paar maande in Duitsland waar hulle dogter woon. Tussendeur skryf hy soms iets.
VAN ANNA KARENINA TOT TARZAN
Leesbehoeftes in ’n tyd van Covid
Het mense se leesgedrag tydens die inperkings weens Covid-19 verander? Indien wel, hoe? DOUW KRÜGER bekyk die pandemie se invloed op ’n paar boekgenres.
Deel
EK stap nie sommer by ’n boekwinkel verby nie. Selfs al was ek kort vantevore daar.
’n Ruk gelede dwaal ek deur Exclusive Books en ’n boekrak met rye en rye vol bekende klassieke boeke – almal nuut gedruk – tref my oog. Daar was Mafeking Road van Herman Charles Bosman, Mrs Dalloway van Virginia Woolf, Anna Karenina van Leo Tolstoi, One Day in the Life of Ivan Denisovich van Aleksandr Solzjenitsin, The Grapes of Wrath van John Steinbeck, Moby Dick van Herman Melville, The Fountainhead van Ayn Rand, boeke van Shakespeare, Sherlock Holmes. Selfs Tarzan of the Apes.
Mafeking Road was een van my voorgeskrewe boeke op universiteit. Die skrywer, Bosman, is nie altyd in Afrikaner-kringe hoog geag nie. Die feit dat hy hoofsaaklik in Engels geskryf het en via Oom Schalk Lourens, sy storieverteller, rasseverhoudings van verskeie kante benader het eerder as om dit in “ons en hulle”-terme te bekyk, het hom in die eerste helfte van die 20ste eeu nie oral ewe gewild gemaak nie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Douw Krüger
RubriekskrywerDouw Krüger het 30 jaar ’n loopbaan in produkontwikkeling en bestuur in die finansiële wêreld gevolg. Nou interesseer konfliksielkunde hom en doen hy konflikmediasie en help soms met konflikbestuur en opleiding. Hy hou van rondry met sy Land Rover en het al ’n bergpasse-ekspedisie gedoen. Verder bestee hulle so elke tweede jaar (Covid permitting) ’n paar maande in Duitsland waar hulle dogter woon. Tussendeur skryf hy soms iets.