Hoekom Johannesburgers so mal is oor ’n oseaanfantasie

MENSGEMAAKTE SEE EN STRAND

Hoekom Johannesburgers so mal is oor ’n oseaanfantasie

Johannesburg is die grootste stad ter wêreld wat nie om 'n groot watermassa gebou is nie. Tog het sy landomringde inwoners 'n jare lange fassinasie met mensgemaakte weergawes van die see en strand. En dit neem toe, skryf SEAN CHRISTIE.

  • 17 November 2021
  • Mense & Kultuur
  • 16 min om te lees
  • artikel 2 van 11
  • Sean Christie

DAAR is niks in Woodmeadrylaan wat mens aan water laat dink nie. Die pad loop wel oor die Jukskei-rivier, maar die oorgroeide walle en heinings van die naderkruipende sakeparke maak dat 'n mens nie eens die water kan sien nie. Water is geprivatiseer, afgesluit.

Motoriste en voetgangers loop hulle vas in die mure van omheinde landgoedere, handelaars se vlae en groot advertensieborde: Classic Monday Burger; Granite Warehouse; Fragrance Sale – die aaklige traagheid van pre-Google-verbruikerskapitalisme. Die meeste boodskappe gaan ongesiens verby, maar een, wat die onmoontlike beloof, laat my twee keer kyk: EXCLUSIVE BEACH LIVING, staan daar bokant 'n swak kunstenaarsvoorstelling van 'n groot swembad met sand rondom en rooi roeibote daarby.

Die behuisingslandgoed se naam is Munyaka – Venda vir kristal. Ek praat nie Venda nie, so hoekom weet ek dit? 'n Herinnering ontwaak van 'n mediaverklaring wat ek vroeg in 2020 gekry het waarin die bekendstelling van die ontwikkeling aangekondig is. Ek trek af langs 'n advertensiewaentjie en soek in my Gmail: “We’ve been absolutely inundated by interested buyers over the past four days… sales totalling R850m since opening, with a record 555 apartments sold to date,” commented Steve Brookes, founder and CEO of Balwin Properties. The selling point? “The largest crystalline lagoon in the southern hemisphere with Crystal Lagoons® technology at approx. 7 rugby fields.”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.