IS DIT JOU KEUSE?
Bra-vo vir bra-loos!
Net soos die doodsklok ’n eeu gelede vir die korset gelui het, so is dit ná dekades dalk die einde van die draadondersteunde bra, skryf ELSABÉ BRITS. Sy meen dis Covid-19 se skuld dat sy nie meer ’n bra kán dra nie; sy het dit verleer. En toe sy onlangs so hop-en-swaai Spar toe loop, het sy gewonder hoekom voel sy so aardig daaroor.
IS DIT JOU KEUSE?
Bra-vo vir bra-loos!
Net soos die doodsklok ’n eeu gelede vir die korset gelui het, so is dit ná dekades dalk die einde van die draadondersteunde bra, skryf ELSABÉ BRITS. Sy meen dis Covid-19 se skuld dat sy nie meer ’n bra kán dra nie; sy het dit verleer. En toe sy onlangs so hop-en-swaai Spar toe loop, het sy gewonder hoekom voel sy so aardig daaroor.
Deel
EK het huilerig my eerste bra gedra – vas oortuig my lekker lewe is vir altyd verby. Dit het gevoel daar is iets waarvoor ek nie gereed was nie wat op my wag. Op 12 het ek nog buite gespeel en geglo die stuk lap kondig die einde van iets aan wat ek nooit weer sal terugkry nie.
’n Diep vrees het my as kind getakel oor hoe groot my borste uiteindelik sou wees. My ma kon geen antwoorde verskaf nie, toe observeer ek maar. My ouma se suster, Ous, het ’n aaneenlopende, reusagtige boesem gehad. Ek het met verskrikking na haar borstrokke, wat sy by ene Madame Dury laat maak het, op die wasgoedlyn gestaar.
Meer so wanneer sy en my ouma tee gedrink het. Dan het Ous haar koppie en piering bo-op haar boesem neergesit, soos op ’n klein tietie-tafeltjie, en daar het dit gerus. Terwyl sy ’n koekie geëet en asemgehaal het, het die koppie en piering ook liggies op en af gedeins...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelElsabé Brits
JoernalisElsabé Brits is 'n joernalis wat haar toespits op die wetenskap en geneeskunde.